GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 15-20 min.

TJOPS

4 varklendetjops

sout en peper

10 ml (2 t) Dijonmosterd

15 ml (1 e) heuning

15 ml (1 e) olyfolie

KRUMMELS

4 snye witbrood

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

10 g vars pietersielie

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

ERTJIES

500 ml (2 k) bevrore ertjies

30 ml (2 e) botter

Voorverhit die oond tot 200 °C Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

  1. Tjops Geur die tjops met die sout en peper. Meng die mosterd en heuning en verf oor die tjops.
  2. Krummels Pols al die bestanddele in ’n voedselverwerker fyn. Druk die krummels aan die bokant.
  3. van elke tjop vas en pak op die draadrakkie. Sprinkel olyfolie oor en rooster 15-20 minute tot gaar.
  4. Ertjies Kook die ertjies tot gaar maar nie pap nie. Meng die botter deur en geur met sout en peper.
  5. Sit die tjops voor saam met die ertjies en vars bronkors en geroosterde knoffel indien verkies.