GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

4 kassler- of gewone varktjops

sout en peper

30 ml (2 e) olyfolie

KRUIESOUS

10 g pietersielie

10 g roketblare

60 ml (¼ k) olyfolie

45 ml (3 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) heuning

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

KOESKOES

375 ml (1½ k) koeskoes

30 ml (2 e) olyfolie

45 ml (3 e) sonneblomsaad, gerooster

  1. Geur die tjops met die sout en peper. Smeer aan albei kante met die olyfolie. Verhit ’n pan en braai die tjops tot goudbruin aan albei kante en gaar.
  2. Kruiesous Kap die pietersielie en roketblare fyn. Meng dit met die res van die bestanddele in ’n mengbakkie en geur met sout en peper na smaak.
  3. Koeskoes Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die verpakking. Vlok met ’n vurk.
  4. Meng die olie en sonneblomsaad deur en geur met sout na smaak.
  5. Giet die kruiesous oor die tjops en sit voor saam met die koeskoes en vars appelskyfies.