5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

’n knippie kaneel

sout en peper

4 (altesaam 500 g) beenlose varkneksteaks

5 ml (1 t) olie

60 ml (¼ k) appelwynasyn

10 ml (2 t) heuning

250 ml (1 k) koeskoes

Meng die speserye, sout en peper in ’n plastieksak, sit die vleis in die sak en skud.

Verhit die olie in ’n pan en braai die vleis 3 minute weerskante. Verwyder.

Giet die asyn en heuning in die pan. Laat prut terwyl jy die stukkies van die bodem afskraap.

Voeg die vark by en verhit tot gaar.

Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die pak en sit dit saam met die vark voor.