Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Marineer: 15 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

4 varktjops

sout en vars gemaaldepeper

MARINADE

60 ml (¼ k) tamatiesous

15 ml (1 e) worcestersous

45 ml (3 e) heuning

15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 e) Dijonmosterd

5 ml (1 t) paprika

AARTAPPELWIELE

4-6 groot aartappels, gekook tot net gaar

30 ml (2 e) olie

15 ml (1 e) botter

paar takkies vars roosmaryn

sout en peper

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die tjops met die sout en peper.
  2. Marinade Meng al die bestanddele en giet oor die tjops. Verkoel en marineer minstens 15 min.
  3. Aartappels Sny intussen die aartappels in 2 cm dik skywe. Giet die olie in ’n pan, pak die aartappelskywe in ’n enkellaag en verhit oor matige hitte. Braai tot bros en goudbruin aan albei kante.
  4. Voeg die botter in die pan, sprinkel die roosmaryn oor en geur met die sout en peper.
  5. Spuit ’n draadrakkie met kossproei en sit dit op ’n bakplaat. Pak die varksteaks op die draadrakkie en rooster 20-25 min.
  6. Sit voor saam met die aartappels en vars roketslaai.

’n Eenvoudige roketslaai:

Klits 45 ml (3 e) olyfolie, 15-30 ml (1-2 e) suurlemoensap, 2 ml (½ t) Dijon-mosterd, 5 ml (1 t) heelkorrelmosterd en sout en peper saam en giet dit oor vars roketblare.