Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

Verkoeltyd: 24 uur

Genoeg vir 6 of meer mense

2 takkies tiemie

4 salieblare

250 g streepspekvleis

300 g varkmaalvleis

600 g hoenderborsies, fyngemaal

3 takkies vars pietersielie, gekap

30 ml (2 e) appelkooskonfyt

100 g groen olywe

sout en peper

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan. Pak die tiemie en salie in die broodpan. Voer die pan met die spekvleis uit en sorg dat dit aan die kante oorvleuel. Meng die vark met die hoender. Roer die pietersielie, appelkooskonfyt en olywe deur en geur met sout en peper.

2.    Druk die mengsel in die broodpan in. Bedek dit met gesmeerde foelie en draai die hele broodpan met nog foelie toe. Plaas die broodpan in ’n roosterpan vol warm water en bak ’n uur. Laat afkoel en verkoel oornag. Druk dit af namate dit verkoel deur swaar voorwerpe te gebruik.

3.    Keer die terrien op ’n bord uit en sit voor.

- Hope Malau