Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

4 varksteaks

sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) olie

SPESERYE

15 ml (1 e) paprika

15 ml (1 e) bruinsuiker

5 ml (1 t) droë mosterd

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

15 ml (1 e) uiepoeier

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

APPELBLATJANG

3 uie, in skyfies gesny

15 ml (1 e) botter

60 ml (½ k) bruinsuiker

15 ml (1 e) rysasyn

2 Granny Smithappels, in stukkies gesny

’n knippie fyn komyn

KAPOKAARTAPPEL

6 aartappels, geskil en gekook

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) melk

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die steaks met die sout en peper.
  2. Speserye Meng al die speserye en vryf oor die steaks. Besprinkel met die olie en pak op ’n bakplaat. Rooster 15 min. of tot gaar soos verkies.
  3. Appelblatjang Braai die uie stadig in die verhitte botter tot goudbruin. Voeg die suiker en asyn by en roerbraai tot die suiker opgelos is.
  4. Voeg die appels by en braai vinnig sodat die appels deurwarm.
  5. Geur met sout en komyn.
  6. Kapokaartappel Druk al die bestanddele saam fyn en geur met sout.
  7. Sit voor saam met die varksteaks en blatjang.

: Voeg ’n hand vol sultanas, 1 stokkie kassia, ’n steranys en ’n paar naeltjies by wanneer jy die uie braai. maar nog bros is.