Genoeg vir 4

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

4 varksteaks, 250 g elk

30 ml (2 T) oil

sout en vars gemaalde swartpeper

100 g kersietamaties

10 ml (2 t) botter

100 g groenbone

5 ml (1 t) gemaalde knoffel

Bedien met kapokaartappels

1    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2    Vryf elke steak met olie en verseël 2 minute in warm riffelpan aan elke kant.

3    Plaas op bakplaat met die kersietamaties en rooster 5 minute.

4    Verhit intussen die botter in ’n braaipan oor mediumhitte en braai die groenbone 3 minute. Roer die knoffel by.

5    Sit die steak met die boontjies, tamaties en kapokaartappels voor.

- Hope Malau