GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 minute

Marineertyd: halfuur of oornag

Gaarmaaktyd: 10 minute

1 kg varkfilet of -lende, in groot blokke gesny

MARINADE

4 knoffelhuisies

5 ml (1 t) elk komyn, koljander en vinkel

10 ml (2 t) gerookte paprika

10 ml (2 t) droë tiemie

20 ml (4 t) suurlemoensap

sout

20 ml (4 t) olyfolie

SLAAI

1 kop sagte blaarslaai

1 middelslag-rooi-ui, in ringe gesny

groenolywe

SLAAISOUS

30 ml (2 e) balsemieke asyn

45 ml (3 e) olyfolie

VIR VOOTSIT

4 meeltortillas of Franse brood, in stukke gesny of gebreek

brandrissiesous

  1. Marinade Meng al die bestanddele behalwe die sout en olie. Vryf die vleis daarmee in. Laat staan ’n halfuur of oornag.
  2. Geur die vleis met die sout en ryg op groot vleispenne.
  3. Smeer die olyfolie oor en braai op matige kole tot gaar. Draai die penne gereeld.
  4. Slaai Meng die blare, ui en olywe. Plaas in ’n bak.
  5. Slaaisous Meng die asyn en olyfolie en giet oor.
  6. Vir voorsit Sit die sosaties voor met die slaai, tortillas of brood en die brandrissiesous.