Genoeg vir 3 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 2 uur

30 ml (2 e) olie

9 baba-uie, gehalveer

10 knoffelhuisies, fyngemaak

3 selderystele, in skywe gesny

sout en peper

4 steranyse

4 wonderpeperbessies, grof gemaal

3 x 1,2 kg varkskenkels

2 louerierblare

125 ml (½ k) heuning

750 ml (3 k) sider

4 x 250 ml (4 k) hoenderaftreksel

3 rooi brandrissies, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit ’n groot, oondvaste pan oor matige hitte en voeg die olie, uie, knoffel en seldery in. Geur en braai 15 min. terwyl jy gereeld roer.
  2. Voeg die steranys en wonderpeper by en braai 1 min.
  3. Voeg die skenkels, louerierblare, heuning, sider, aftreksel en brandrissies in die pan en laat prut 5 min. Bedek en plaas vir 2 uur in die oond.