Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

4 x 150 g dun varksteaks, in skywe gesny

sout en peper

250 ml (1 k) meel

1 eier

155 g broodkrummels

45 ml (3 e) olie

KOOLSLAAI

½ kool, versnipper

1 wortel, gerasper

80 ml (? k) mayonnaise

45 ml (3 e) rosyne (opsioneel)

  1. Plaas die vleis tussen velle papier en slaan met ’n vleishamer plat. Geur met sout en peper.
  2. Bestrooi met meel en doop dan in die eier, bedek met broodkrummels en druk om te verseker die bedekking kleef vas.
  3. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die gekrummelde vark weerskante tot goudbruin.
  4. KOOLSLAAI Meng die bestanddele.
  5. Sit die vark voor saam met die koolslaai en gebraaide aartappels.

- Hope Malau