Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

4 varksteaks

250 ml (1 k) meel

sout en peper

1 eier

15 ml (1 e) melk

500 ml (2 k) fyn broodkrummels

200 ml olie

VIR VOORSIT  

1 brood van jou keuse, ongesny

blaarslaai, gewas en gedreineer

2 ferm tamaties, in skywe gesny

1 fles (300 g) uiemarmelade

1 Slaan die vark effens plat met ’n vleishamer.

2 Geur die meel met die sout en peper en strooi dit oor die steaks. Klits die eier en melk saam en sit eenkant.

3 Gooi die eiermengsel in ’n diep bord en die broodkrummels in ’n ander een.

4 Verhit die olie in ’n braaipan. Doop die gegeurde steaks in die eier en dan in die broodkrummels, en braai tot goudbruin en deurgaar.

Vir voorsit: Sny die brood in 8 snye, elkeen 2 cm dik. Rangskik die slaaiblare, vark, tamatieskywe en ’n lepel vol van die uiemarmelade op die helfte van die snye. Bedek met die oorblywende snye.