Hennie Stassen van Yzerfontein is oorspronklik van die Karoo en lief vir sy vleisie. Hy is ook gek na resepte uittoets en om nuwes te ontwikkel.

Genoeg vir 4—6 mense

Bereiding 30 min

Gaarmaak 1 uur

Marineer: 24 uur

MARINADE

600 ml wit wyn

1ui, in ringe gesny

6 heel naeltjies,

8 pepperkorrels, gekneus

4 lourierblare

1 takkie pietersielie

VLEIS

1 ontbeende vardikrib

VULSEL

Paar stukkies spekvleis gebraai en gekap

250 ml (1 k) broodkrummels

5 ml (1 t) gekapte ui

5 ml (1 t) gekapte pietersielie

375 ml (11/2 k) fyngekapte appels

2 ml (1/2 t) peper

5 ml (1 t) sout

2 ml (1/2 t) vars tiemie

1 naeltjie, fyngedruk

knippie neutmuskaat

AFRONDING

10 ml (2 t) sout

2 ml (1/2 t) peper

12 ml (21/2 t) asyn

25 ml (5 t) heuning

VOORSIT

Pruimedante

Klein aartappeltjies

1 MARINADE: Meng al die bestanddele vir die marinade.

2 Plaas die vleis in ‘n nie-metaalbak, giet die marinade oor en plaas 24 uur in die yskas. Draai gereeld om.

3 VULSEL: Meng al die vulselbestanddele en plaas op een helfte van die vleis. Vou toe en werk die kante vas met tou of steek vas met peuselstokkies.

4 Plaas die rol in ‘n pan en braai bruin aan beide kante.

Vryf buite-om met sout peper, voeg die asyn by en prut tot gaar.

5 Verf die rol met heuning vir mooi bruin kleur.

6 Sny vleisrol in skywe en bedien, met, klein aartappeltjies en pruimedante.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.