Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

marineertyd: 1 uur of oornag

Gaarmaaktyd: 1 uur

MARINADE

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) sojasous

1 knoffelhuisie, gekneus

2 ml (½ t) vars gemmer, gekneus

sap van 1 suurlemoen

2 ml (½ t) cayennepeper

sout na smaak

VLEIS

1,25 kg varkribbetjies

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. MARINADE Meng al die bestanddele saam, giet oor die ribbetjies en laat minstens 1 uur of oornag marineer.
  2. VLEIS Pak die ribbetjies in ’n oondvaste bak, giet die marinade oor, bedek met foelie en bak 45 min of tot gaar. Verwyder die foelie en oondbraai verder tot die marinade aan die ribbetjies begin kleef. Sit voor saam met groente van jou keuse.