Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

Staantyd: oornag

1 heel varkrib (sowat 2 kg)

MARINADE

250 ml (1 k) sterk rooibostee

125 ml (½ k) olyfolie

125 ml (½ k) tamatiesous

125 ml (½ k) sterk blatjang

30 ml (2 e) worcestersous

45 ml (3 e) balsemieke asyn

10 ml (2 t) knoffel, gekap

10 ml (2 t) heelkorrelmosterd

2 sopies brandewyn

3 ml (ruim ½ t) tabascosous

5 ml (1 t) suurlemoenpeper

5 wonderpeperkorrels

3 lourierblare

SWOERD

growwe sout

olyfolie

suurlemoensap

  1. Sny die swoerd (vet) van die ribbetjie af en hou in die yskas.
  2. MARINADE Meng die bestanddele vir die marinade in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
  3. Laat afkoel, giet oor die rib en marineer oornag in die yskas. Haal die rib uit die marinade.
  4. SWOERD Sny met ’n baie skerp mes van bo na onder lang kepe in die vel sonder om dit dwarsdeur te sny; die vel moet steeds een stuk wees.
  5. Vryf die vel goed in met die sout, olie en suurlemoensap. Braai die swoerd op baie warm kole tot bros en breek in stukke vir ’n voorgereg.
  6. RIB Nou is die kole reg vir die rib. Braai dit 45 minute liniaalhoogte van die kole af. Bedruip deurentyd met die marinade.