GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur 10 min.

1 kg varkrepe

30 ml (2 e) vinkelsaad, fyngedruk

15 ml (1 e) brandrissievlokkies

2 suurlemoene, skille gerasper

30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, in skywe gesny

30 ml (2 e) tamatiepasta

2 x 400 g-blikke gekapte tamatie

300 ml hoenderaftreksel

15 ml (1 e) suiker

sout en vars gemaalde peper

1. Vryf die vark met die vinkelsaad, brandrissievlokkies en suurlemoenskil. Geur goed en sny in groot stukke – sowat 5 cm.

2. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en soteer die uie 10 min. of tot sag terwyl jy af en toe roer. Haal uit die pan en sit eenkant.

3. Voeg die varkstukke in sarsies in die pan en braai 5 min. in die olie tot goudkleurig en geurig.

4. Voeg die tamatiepasta by en kook 30 sek. terwyl jy roer. Voeg die geblikte tamaties en aftreksel by en bring tot kookpunt. Verlaag tot prut, bedek en kook 1 uur.

5. Geur met die suiker en sout en vars gemaalde peper.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller