Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

1 kaneelstokkie

5 ml (1 t) komynsaadjies

2 ml (½ t) fyn koljander

1 kg varkskenkels, opgesny

3 x 250 ml (3 k) hoenderaftreksel

30 ml (2 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) sojasous

5 ml (1 t) rysasyn

sout en vars gemaalde

peper

PIEKEL-KOOLSLAAI

500 ml (2 k) water

180 ml (¾ k) rysasyn

180 ml (¾ k) suiker

1 steranys

350 g koolslaaimengsel

  1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel ’n paar minute. Voeg die kaneel, komyn en koljander by en roerbraai tot geurig.
  2. Voeg die varkskenkels by en braai ’n paar minute. Giet die aftreksel by, meng deur, sit die deksel op die kastrol en laat prut minstens 1 uur of tot die vleis van die been af val. Voeg nog ’n bietjie water of aftreksel by indien die vleis droogkook.
  3. Piekel-koolslaai Verhit die water, rysasyn, suiker en steranys saam in ’n kastrolletjie. Sit die koolslaaimengsel in ’n groot mengbak, giet die piekelmengsel oor en laat staan tot die piekel afgekoel is.
  4. Verwyder die bene en enige vet van die vleis. Roer die bruinsuiker, sojasous en rysasyn deur die vleis en geur met die sout en peper indien nodig.
  5. Sit voor op die koolslaai, met vars koljanderblare en geroosterde sesamsaadjies.