Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur 30 min.

VARK

30 ml (2 e) olie

1 kg vark-ghoelasj

2 tamaties, fyn gekap

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

1 x 400 ml-blik klappermelk

rys vir voorsit

PASTA

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 cm gemmer, gerasper

1 rooi brandrissie, gekap

15 ml (1 e) water

10 ml (2 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) kaneel

2,5 ml (½ t) fyn naeltjies

sout en vars gemaalde peper

1. Pasta Plaas al die bestanddele in ’n verwerker en verwerk tot ’n gladde pasta vorm.

2. Vark Verhit die olie in ’n pot oor hoë hitte. Voeg die pasta by en kook 3 min. terwyl jy roer of tot geurig. Voeg die vark by en kook 2 min. terwyl jy mengel of tot die vleis met die speserymengsel bedek is.

3. Voeg die tamaties en hoenderaftreksel by. Bring tot prutpunt. Verlaag die hitte tot laag en kook 1 uur terwyl jy af en toe roer. Voeg die klappermelk by en kook 20 min. terwyl jy af en toe roer of tot deurgaar en die sous effens verdik het. Proe en geur. Sit saam met rys voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: David Briers