dinsdag varkpens

Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 3 uur

800 g varkpens

15 ml (1 e) olie

sout en peper

30 ml (2 e) heuning

10 ml (2 t) komynsaad

5 ml (1 t) droë brandrissievlokkies

¼ rooi kool, versnipper

1 beet, gerasper

5 pruime, in wiggies gesny

30 ml (2 e) water

45 ml (3 e) bruinsuiker

1    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2    Keep die varkvet met ’n skerp mes en sit die vleis met die vetkant na bo op ’n draadrak oor ’n braaipan. Vryf die vleis met die olie en geur met sout en peper. Bak 1 uur.

3   Haal die vark uit die oond en bedruip met die pansouse. Sit anderhalf uur terug in die oond en bedruip elke kwartier.

4   Meng die heuning met die komyn en brandrissievlokkies en verf oor die vark. Verhoog die oondtemperatuur tot 220 °C en sit die vleis ’n halfuur of tot goudkleurig bo-op in die oond.

5    Plaas die kool, beet, pruime en water in ’n pot oor matige hitte. Strooi die suiker bo-oor, sit die deksel op en kook 10 minute of tot sag.

Sny die varkvleis en sit dit op die rooi pruimkool voor.