Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 40-50 minute

6 ontbeende varknektjops (of enige ander snit)

sout en vars gemaalde swartpeper 2 patats, in skywe gesny en effens sag gekook 2 groot appels, in ringe gesny en effens sag gekook 30 ml (2 e) botter 30 ml (2 e) ligte bruinsuiker

  1. Geur die tjops met sout en peper en braai vinnig op warm kole tot mooi bruin buiteom.
  2. Skeur tinfoelie in ses groot stukke en plaas ’n tjop op elke vel foelie. Plaas patat- en appelskywe op elke tjop en stip met botter. Sprinkel suiker oor.
  3. Vou die foelie toe en plaas die pakkies op die rooster. Braai nog sowat 15-20 minute op stadige kole tot die vleis en groente gaar is. Draai gereeld om.
  4. Sit voor met groenbone in spek toegedraai en gaargemaak indien verkies.

Braai-resepteboeke in ons aanlynwinkel