4 varkneksteaks

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) heuning

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

olie

TZATZIKI

½ komkommer, gerasper en sap uitgedruk

250 ml (1 k) Griekse jogurt

1 knoffelhuisie, fyngedruk BURGERS botterslaaiblare 4 snye rogbrood, gerooster

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer die steaks met die sout, peper, heuning en mosterd en pak dit op ’n bakplaat. Bedruip met ’n bietjie olie en oondrooster die steaks 15-20 minute tot gaar.
  2. Tzatziki Meng die komkommer, jogurt en knoffel. Geur met sout en peper.
  3. Burgers Verdeel die blare tussen die broodjies, plaas ’n steak op elkeen en skep ’n lepel vol tzatziki bo-op. Sit dadelik voor.