Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

KEBABS

5 ml (1 t) origanum

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) tiemie

5 ml (1 t) paprika

1 knoffelhuisie, fyngedruk

30 ml (2 e) suurlemoensap

80 ml (2/3 k) olyfolie

600-800 g varkfilet, in blokkies gesny

PESTO

2 rooi soetrissies, ontpit, in kwarte gesny

30 ml (2 e) olyfolie

100 g gepelde amandels of pampoenpitte of sonneblomsade

’n hand vol pietersielie

20 ml (4 t) suurlemoensap

60 ml (¼ k) olyfolie

sout en peper

OPDIENING

750 ml (3 k) gaar rys

(250 ml rou)

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Kebabs Meng al die bestanddele behalwe die varkblokkies goed. Meng die vark deur en marineer minstens 30 min.
  2. Pesto Pak die soetrissies op ’n bakplaat. Besprinkel met die 30 ml olyfolie. Rooster 30 min. Plaas in ’n plastieksak, laat heeltemal afkoel en trek die velletjies af.
  3. Kebabs Ryg die varkblokkies aan die stokkies en pak die kebabs op ’n bakplaat, giet ’n bietjie olie oor en rooster 15-20 min. of braai oor matige tot warm kole.
  4. Pesto Pols die soetrissies saam met die res van die pestobestanddele fyn in ’n voedselverwerker. Geur met die sout en peper.
  5. Opdiening Sit voor met die rys en groenslaai.