GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

4-6 varkliesrepe

4-6 baba-uie, geskil en gehalveer

4-6 kebabstokkies

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

45 ml (3 e) heuning

CHIMICHURRI

20 g vars pietersielie

1 rooi-ui

125 ml (½ k) olyfolie

30 ml (2 e) suurlemoensap

2 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) gedroogde gemengde Italiaanse kruie

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

  1. Sny die swoerd van die vark af en ryg die varkrepies en die uie om die beurt aan ’n stokkie.
  2. Meng die mosterd en heuning en smeer oor die kebabs. Pak op die bereide draadrakkie en rooster 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.
  3. Chimichurri Kap die pietersielie en ui rofweg en meng met die res van die bestanddele. Geur met die sout en peper. Week die kebabstokkies vooraf ongeveer 30 min. in kookwater om te keer dat dit brand tydens die gaarmaakproses.
  4. Sit die varkkebabs voor saam met die chimichurri en mengelslaai.