Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 20 min.

Lemoenmarinade

250 ml (1 k) lemoensap

gerasperde skil van

1 lemoen

30 ml (2 e) lemoenmarmelade

20 ml (4 t) sojasous

hand vol gekapte

koljanderblare

Vleis

1-2 heel varkfilette (400-500 g elk)

olie

sout en peper

heel lemoenskywe

rooibostee (opsioneel)

  1. Marinade Meng al die bestanddele en hou eenkant.
  2. Vleis Plaas die vleis in ’n niemetaalbak en giet die marinade oor. Laat 1 uur marineer. Verf die filette met die olie, geur met die sout en peper en braai op baie warm kole tot bruin buite om. Stel die rooster hoër, bedek met tinfoelie en braai sowat 20 minute tot net gaar, maar steeds effens pienk van binne. Sny in dik
  3. stukke en pak op ’n dienbord.
  4. Rooster die lemoenskywe op die kole en pak by die vleis. Kook die marinade af tot geurig, voeg ’n bietjie rooibostee by indien verkies en kook tot geurig. Giet oor die vleis.