AARTAPPELS

6 groot aartappels, gekook en in kwarte gesny

30 ml (2 e) vars roosmaryn, gekap

45 ml (3 e) olie

growwe sout

VARKFILET

400-600 g varkfilet

sout en peper

15 ml (1 e) gedroogde Italiaanse kruie

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Aartappels Versprei die aartappels op ’n bakplaat. Besprinkel met die roosmaryn, olie en sout; oondbraai tot goudbruin.
  2. Varkfilet Geur die vark met die sout, peper, kruie en knoffel. Smeer die olie aan en seël alkant in ’n warm pan. Oondbraai nog 8-10 minute tot gaar soos verkies, maar nie droog nie. Laat 5 minute rus en sny in skywe.
  3. Sit voor saam met die aartappels.