Bereidingstyd:7 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Genoeg vir 4-6 mense

15 ml (1 e) sojasous

10 ml (2 t) olyfolie

1 x 600 g-varkfilet

5 ml (1 t) vars gemaalde swartpeper

10 ml (2 t) droë origanum

10 ml (2 t) fyn droë brandrissies

10 ml (2 t) fyn komyn

10 ml (2 t) fyn koljander

45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap

Verhit die oond tot 220 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit.

Bespuit met kossproei.

Meng die sojasous en olyfolie en rol die varkfilet daarin.

Meng die res van die bestanddele en sprinkel dit op ’n vel waspapier.

Rol die vleis daarin tot diebhele filet met ’n lagie van die kruie-en-speserymengsel bedek is.

Sit op die bakplaat en oondrooster 10-15 minute, na gelang van hoe dik die filet is, tot die vleis gaar is.

Sny in porsies en sit voor met pasta en oondgeroosterde groente van jou keuse.

WENK: Beproef verskillende kruiekombinasies by hierdie gereg. Jy kan ook klaargemaakte kruiemengsels in die winkel koop.

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 18 November 2010.