Genoeg vir 2-3 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

APPELLIEFIE-PIEKEL

1 pakkie (30 g) koljanderblare

4 takkies ment

1 pak (100 g) amandels met skil sap en skil van 1 lemmetjie

45 ml (3 e) olyfolie

’n halwe avokado, in growwe stukke gesny

125 ml (½ k) appelliefies, gehalveer indien verkies

VLEIS

15 ml (1 e) olie

1 varkfilet

60 ml (¼ k) soet sojasous

45 ml (3 e) soet rysasyn

  1. Pekel Plaas die kruie, amandels en skil in ’n voedselverwerker en pols tot die amandels growwerig fyn is. Giet die olie en sap by en pols tot deurgemeng. Voeg die avokado en appelliefies by en
  2. meng liggies.
  3. Vleis Verhit die olie in ’n pan, plaas die filet daarin, geur met sout en giet sojasous en asyn oor. Panbraai tot bruin, bedek en stoombraai tot gaar, sowat 7 minute. So nie, plaas die pan in ’n warm oond en oondbraai tot deurgaar.
  4. Sny die vleis in skywe en plaas op ’n bord. Skep die pekel bo-op.