Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

2 heel bolle knoffel

80 ml ( k) olyfolie

60 ml (¼ k) balsemieke asyn

15 ml (1 e) droë origanum

2-3 heel varkfilette, in bonkige stukke gesny

sout en peper na smaak

1 bos koljanderblare, gekap

180 ml (¾ k) witwyn

180 ml (¾ k) groenheuningbos-en-rooibostee

250 g pruimedante

300 g groen olywe, ontpit

125 ml (½ k) kappertjiesade koljanderblare vir garnering

  1. Mikrogolf die knoffelbolle 2-3 min. op hoog of tot sag.
  2. Druk die knoffelpuree uit en meng met die olyfolie, asyn en origanum. Smeer die filette daarmee in en marineer verkieslik oornag.
  3. Geur met die sout en peper. Braai die filette in verhitte olie tot bruin buiteom. Hou eenkant.
  4. Plaas die res van die bestanddele buiten die garnering in ’n oondbak en bak sowat 15-20 min. teen 180 °C tot geurig en tot die sous met sowat die helfte verminder het.
  5. Plaas die filette boop en oondbraai nog 10 min. tot die filette net gaar maar nie droog is nie. Sprinkel die koljanderblare oor.

Piekelkomkommer

  • Verhit 500 ml (2 k) sterk sitroengras-engemmer-rooibostee, 180 ml (¾ k) rysasyn en 180 ml (¾ k) suiker tot die suiker gesmelt is.
  • Sny 4-6 komkommers in lang skywe en giet die sous oor. Laat staan tot koud.