Bereiding: 10 minute

Kooktyd: 30 minute

Genoeg vir 4 mense

30 ml (2 e) botter

500 g ghoelasj-varkvleis

30 ml (2 e) koekmeelblom

1 ui, fyn gekap

1 elk rooi, geel en groen soetrissie, gekap

15 ml (1 e) tamatiepasta

60 g (1 pakkie) droë vierkase-pastasous

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

5 ml (1 t) vyfspeserye-poeier

3 heel pimente

30 ml (2 e) vars koljander, gekap

sout en peper na smaak

Verhit die botter oor medium hitte in ’n kastrol, rol die vleisblokkies in die meel, plaas in die warm botter en verbruin.

Roer die res van die meel saam met die ui in die kastrol en kook tot die ui deursigtig is.

Voeg die soetrissies en pasta by en kook 2 minute.

Meng die droë pastasous en die hoenderaftreksel in ’n bak en giet in die pan.

Meng al die bestanddele, voeg die vyf-speserye en pimente by en laat prut 25 minute.

Roer die koljander by en geur met sout en peper.

Sit voor met brood of noedels.

Volg Huisgenoot op Twitter.