Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

Sny die skywe vleis lekker dik en maak dit vir die mooi effens in die riffelpan skrik. Oorskietrys kry heerlik geur met gemmer en koljander daarby ingemeng.

MOSTERD-UIE

3 uie, in dik ringe gesny

10 ml (2 t) olie

30 ml (2 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

ROERBRAAIRYS

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyn gekap

5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper olie

750 ml (3 k) koue, gaar rys

250 ml (1 k) ertjies

45 ml (3 e) koljanderblare, gekap

1 rooi soetrissie, in stukkies gesny

OM VOOR TE SIT

4-6 dik skywe gaar gerookte varkboud, effens in ’n riffelpan gerooster

  1. MOSTERD-UIE Braai die uie in die olie tot sag.
  2. Voeg die suiker by en roerbraai tot gekaramelliseer.
  3. Roer die mosterd by.
  4. ROERBRAAIRYS Braai die ui, knoffel en gemmer in die olie tot sag.
  5. Voeg die rys by en roerbraai tot warm.
  6. Voeg die ertjies, koljanderblare en soetrissie by en verhit tot warm. Skep in ’n bak.
  7. OM VOOR TE SIT Sit die skywe vleis saam met die warm rys en mosterd-uie voor.