Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

4 varkworsies

80 g bronkors

4 broodrolletjies, gehalveer

UIE

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olyfolie

3 groot uie, in ringetjies gesny

sout en vars gemaalde peper

MOSTERD-MAYO

125 ml (½ k) romerige mayonnaise

15 ml (1 e) Dijonmosterd

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Pak die worsies op ’n bakplaat en rooster 15-20 min. tot gaar.
  2. Uie Verhit die botter en die olie en braai die uie stadig oor matige hitte tot sag en gekaramelliseer. Geur met die sout en peper.
  3. Mosterd-mayo Meng al die bestanddele en smeer op die broodjies.
  4. Verdeel die bronkors tussen die broodjies, pak die worsies op en versprei die uie oor. Sit dadelik voor.