Genoeg vir 4-6 mense

1 kg varkvleisrepies

sout en vars gemaalde swartpeper

100 g preie

50 g botter

20 ml olyfolie

250 g bruin sampioene

30 ml heelkorrelmosterd

125 ml room

125 ml jogurt

15 ml droë sjerrie

Geur die vark met sout en peper.

Sny die preie in fyn ringe.

Verhit van die botter en olie en braai die varkrepies bietjie op ’n slag oor hoë hitte en hou eenkant.

Verhit die res van die botter en olyfolie en braai die sampioene en preie ’n paar minute.

Roer die mosterd, room, jogurt en sjerrie by en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en prut 5 minute.

Geur na smaak.

Roer die vark by en bring weer tot kookpunt.

Verwyder van hitte en sit voor saam met rys of geroosterde ciabatta-skywe.

Volg Huisgenoot op Twitter.