Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40-45 min.

15 ml (1 e) olie

350 g varkfilet, in klein blokkies gesny

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

20 ml (4 t) heelkorrelmosterd

15 ml (1 e) Dijonmosterd

15 ml (1 e) bruinsuiker

5 ml (1 t) droë tiemie

sout en peper

250 g filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

15 ml (1 e) mosterdsaadjies

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit die olie in ’n pan en braai die vark in sarsies tot bruin. Skep uit en braai die ui en knoffel.
  2. Voeg die vark, mosterd, suiker en tiemie by en roerbraai. Geur met die sout en peper.
  3. Sit drie velle filo opmekaar – verf elke vel eers deeglik met die gesmelte botter. Pak die vark op die onderkant van die deeg. Rol een keer om en vou die kante in. Rol op tot bo. Smeer botter aan die boonste strook en vou toe.
  4. Smeer die hele rol met botter, sit op ’n bakplaat en sprinkel die mosterdsaadjies oor. Bedek met foelie en bak 15 min. Haal die foelie af en bak nog 10 min. Sit voor saam met gebraaide appels.