Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 2 min.
30 ml (2 e) tamatiesous

15 ml (1 e) sojasous

15 ml (1 e) suiker

30 ml (2 e) witwynasyn

15 ml (1 e) mieliemeelblom

1 rooi brandrissie, gekap

1 groen brandrissie, gekap

100 g pynappel, geskil en in blokkies gesny

60 ml (¼ k) water

200 g varkfilet, gaar

rys en fyn gesnipperde sprietuie vir voorsit

  1. Meng die tamatiesous, sojasous, suiker, asyn en mieliemeelblom in ’n mikrogolfbestande bak. Mikrogolf 30 sek. op volle krag.
  2. Roer die brandrissies en pynappel in en mikrogolf 30 sek. op volle krag.
  3. Voeg die water by en roer die vark in. Mikrogolf op volle krag 1 min. of tot die sous dik is. Sit voor op die rys en garneer met die sprietuie.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander