Genoeg vir 4 mens

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

180 g rysnoedels

60 ml (¼ k) heuning

30 ml (2 e) sojasous

80 ml (? k) water

2,5 ml (½ t) brandrissiepoeier

1 knoffelhuisie

15 ml (1 e) olie

300 g varkfillet

babaspinasie

  1. Plaas die noedels in ’n bak en giet kookwater oor. Laat staan 10 minute. Dreineer en sit eenkant.
  2. Plaas die heuning, sojasous, water, brandrissie en knoffel in ’n bak en meng. Verhit ’n pan oor hoë hitte, vryf olie oor die varkfilet en braai ’n minuut weerskante. Voeg die heuningmengsel by en laat prut 5 minute of tot die filet gaar is.
  3. Braai die spinasie 3 minute in ’n geoliede pan of tot verlep. Verdeel die noedels en spinasie tussen die borde en bedek met die vark en sous.