AARTAPPELS

6 groot aartappels, in dun skyfies gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml (2 e) Italiaanse kaassprinkel (opsioneel)

250 ml (1 k) laevetroom

VARK

4 varkneksteaks

sout en peper

45 ml (3 e) vars tiemie, gekap

skil van 1 suurlemoen en 15 ml (1 e) sap

15 ml (1 e) olie

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Aartappels Pak die aartappels, knoffel en kaassprinkel in lae in ’n bak. Giet room oor en bak 25-30 minute.
  2. Vark Geur die steaks met sout, peper, tiemie, skil en sap. Smeer met olie en oondbraai 15 minute tot gaar.