15 ml (1 e) olyfolie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

500 g varklende, in blokkies gesny

sout en peper

5 ml (1 t) fyn komyn

1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer

1 blik (410 g) cannelliniboontjies, gedreineer

10 ml (2 t) suurlemoensap

250 g linguine, gaargemaak

  1. Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot gekaramelliseer.
  2. Geur die vleis met sout, peper en komyn en voeg by die uie.
  3. Braai tot amper gaar en voeg die kekerertjies en boontjie by. Bedek en verhit tot die vleis gaar en die boontjies warm is.
  4. Geur met die suurlemoensap en sit voor op die linguine.
  5. Garneer met mentblare.