LEWER 24

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 25 min.

300 g varkmaalvleis

½ ui, fyn gemaal

10 ml (2 t) suiker

15 ml (1 e) sojasous

2,5 ml (½ t) vyfspesery

’n bietjie olie

500 ml (2 k) kapokaartappels

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) meel

1 eier, liggies geklits

250 ml (1 k) broodkrummels

500 ml (2 k) olie vir diepbraai

  1. Meng die varkvleis met die ui, suiker, soja en vyfspesery. Verhit olie in ’n middelslag-kastrol oor matige hitte en panbraai die vark tot gaar en krummelrig. Laat afkoel.
  2. Meng die varkmaalvleis in die kapokaartappels en proe. Geur ooreenkomstig met die sout en vars gemaalde peper.
  3. Vorm die kapokaartappelmengsel in balle met jou hande. Doop dit eers in die meel, dan in die eier en dan in die broodkrummels. Verhit sowat 500 ml (2 k) olie in ’n diep pot. Diepbraai die krokette tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier.