Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 20 minute 

300 g boerewors

4 sagte tortillas

’n handvol basilieblare

GRIEKSE SOUS

1 klein komkommer, fyn gerasper

250 ml (1 k) Griekse jogurt

30 ml (2 e) gekapte kruisementblare

2 knoffelhuisie, fyngedruk

sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 180 °C en bedek ’n bakplaat met foelie.

  1. Druk die vleis uit die derm en vorm klein balletjies met die maalvleis. Rangskik die balletjies op ’n bakplaat en bak 10
  2. 15 minute of tot gaar.
  3. GRIEKSE SOUS Rasper komkommer en sit dit in ’n sif sodat die meeste van die vloeistof kan deurdrup.
  4. Sit die komkommer in ’n skoon afdroogdoek en druk al die oortollige vloeistof uit. Meng die komkommer met die jogurt, kruisementblare en knoffel en geur met sout en peper.
  5. Verhit die tortillas in die oond of mikrogolfoond en pak dit saam met die maalvleisballe en jogurtsous in ’n mooi opskepbak.
  6. Garneer met basilieblare en sit voor terwyl warm.