Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

30 ml (2 e) tikka masala

15 ml (1 e) tamatiepasta

10 ml (2 t) bruinsuiker

5 ml (1 t) balsemieke asyn

4 varklendetjops

1 minikool, in dun skywe gesny

1 groot wortel, gerasper

1 appel, geskil, ontkern en in skywe gesny

125 ml (½ k) Griekse jogurt

80 ml (? k) mayonnaise

5 ml (1 t) heelkorrelmosterd

  1. Meng die masala, tamatiepasta, suiker en asyn en vryf dit oor die varktjops. Bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min.
  2. Sit die kool, wortel en appel in ’n groot bak. Meng die jogurt, mayonnaise en mosterd en gooi dit oor die koolmengsel. Roer goed tot al die bestanddele met die sous bedek is.
  3. Plaas ’n roosterpan op hoë hitte en braai die tjops sowat 10 min. weerskante tot gaar. Sit dit saam met die koolslaai voor.