400-500 g varkfilet

MARINADE

30-45 ml (2-3 e) tikka-pasta

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

SALSA 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

1 klein papaja, in blokkies gesny

1 rooi-ui, in blokkies gesny

Handvol vars koljander, gekap (opsioneel)

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Sny die vark in repies en ryg aan sosatiestokkies.
  2. Marinade Meng die pasta en die jogurt en giet oor die sosaties. Marineer ’n halfuur.
  3. Salsa Meng alles.
  4. Pak die sosaties op ’n bakplaat en rooster 10-15 minute tot gaar.
  5. Sit voor saam met die salsa.