Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min

Gaarmaak: 20 min

500g beesmaalvleis

45 ml (3 e) tikka-kerriepasta

30 ml (2 e) gekapte vars koljander

sout en peper

15 ml (1 e) olyfolie

TAMATIEBLATJANG

15 ml (1 e) olyfolie

250 g kersietamaties

½ ui, gekap

2 groen brandrissies, gekap

15 ml (1 e) rooiwynasyn

15 ml (1 e) strooisuiker

’n klein hand vol vars koljander, gekap

VIR VOORSIT

4 burgerrolletjies, gehalveer en gerooster

’n hand vol roket

1 rooi ui, in ringe gesny

koolslaai

  1. Sit die maalvleis, kerriepasta en koljander in ’n bak, geur met sout en peper, en meng dan goed met jou hande. Vorm met nat hande in 4 burgerkoekies.
  2. Voorverhit ’n pan oor matig-hoë hitte. Verf die burgerkoekies met olie en braai terwyl jy een keer omdraai 15 minute of tot gaar.
  3. Tamatieblatjang: Verhit die olie in ’n pan oor matig-hoë hitte en braai die kersietamaties en ui 5 minute.  Voeg die brandrissies, asyn en strooisuiker by en kook 15 minute of tot effens verdik. Roer die koljander in en sit eenkant.
  4. Vir voorsit: Bedek die onderste helftes van die rolletjies met roket, ui, roket en die koekies. Bedek met die boonste helftes van die rolletjies en sit voor met die tamatieblatjang en koolslaai