Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

Genoeg vir 6 mense

500 g varkmaalvleis

80 ml (? k) fyn broodkrummels

3 preie, fyn gekap

1 eier

15 ml (1 e) sojasous

15 ml (1e) vars gemmer

3 knoffelhuisies, fyn gekap

125 ml (½ k) braaisous

30 ml (2 e) hoisin-sous

noedels en groente vir opdiening

1.    Meng die varkvleis, broodkrummels, preie, eier, sojasous, gemmer en knoffel liggies met jou hande in ’n groot mengbak.  Rol in balle so groot soos gholfballe.

2.    Plaas die frikkadelle in ’n kastrol. Meng die braai- en hoisin-sous in ’n bakkie en giet dit oor die frikkadelle.

3.    Bedek en kook op laag vir 1 uur of tot die frikkadelle deurgaar is. Sit voor met noedels en groente.

- Hope Malau