Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 20 minute

THAI-SOUS

30 ml (2 e) olie

15 ml (1 e) sesamolie

2 knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) sojasous

5 ml (1 t) sagte bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper

ROERBRAAI

olie

500 g beesvleisrepies

200 g broccoli, in klein stukkies gesny

1 rooi soetrissie, in repies gesny sowat 250 g gaar noedels

10 ml (2 t) sesamsade

1. THAI-SOUS

Roer al die bestanddele bymekaar in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut ’n minuut of twee.

2. ROERBRAAI

Verhit van die olie in ’n pan en braai die beesvleis ’n bietjie op ’n slag oor baie hoë hitte. Skep uit en braai die res van die vleis tot net gaar.

Verhit die res van die olie en braai die broccoli en soetrissie oor hoë hitte.

Skep die vleis terug in die pan en giet die Thai-sous by. Braai oor hoë hitte tot die meeste van die sous weggekook het.

Roer die noedels by en braai ’n minuut tot warm. Skep in bakkies en garneer met sesamsade

Foto: David Briers