GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20-25 min.

1 groot gemarineerde Texas-varksteak

15 ml (1 e) olyfolie

RISSIESALSA

2 groot tamaties

60 ml (¼ k) koljanderblare, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 rooi brandrissies, fyn gekap

sap van 1 lemmetjie

of 30 ml (2 e) suurlemoensap

sout

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  1. Smeer die steak met die olie en sit op die draadrakkie.
  2. Rooster 20-25 min. of tot gaar. Laat rus minstens 5 min. en sny in repies.
  3. Rissiesalsa Kap die tamaties in klein blokkies en meng die koljander deur.
  4. Meng die knoffel, brandrissies en lemmetjie- of suurlemoensap deur die salsa.
  5. Geur met die sout en sprinkel oor die steak.
  6. Sit voor saam met slaai of klewerige rys.