Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

AARTAPPELS

6 aartappels, in wiggies gesny

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

1 wiel fetakaas, grof gekrummel

10 g koljanderblare, grof gekap

sap van 1 lemmetjie

STEAK

1 x gemarineerde

750 g-Texan-varksteak

15 ml (1 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

  1. Aartappels Versprei die aartappels op bakplaat. Besprinkel met die olie en geur met die sout en peper. Meng goed en rooster 30 min. in die verhitte oond of tot die aartappels sag en goudbruin is.
  2. Sprinkel die fetakaas, koljanderblare en lemmetjiesap oor en meng rofweg.
  3. Steak Pak die steak op die bereide draadrakkie. Sprinkel die olyfolie oor en rooster 20-25 min. in die verhitte oond of tot gaar – die gaarmaaktyd sal afhang van hoe dik die steak is.
  4. Sny die steak in repies en sit voor saam met die aartappels en vars kersietamaties.