LEWER 8 WORSROLLETJIES

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 10-15 min.

SALSA

1 blik (340 g)

pitmielies,

gedreineer

3-4 romatamaties, grof gekap

1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny

1 avokado, in klein blokkies gesny

½rooi-ui, in klein blokkies gesny

hand vol koljanderblare, gekap

1-2 brandrissies, gekap

1 blik (410 g) nierbone, gedreineer

WORSROL

600 g speserybraaiwors

8 broodrolletjies, gehalveer

50 g tortillaskyfies

125 ml (½ k) suurroom

  1. Salsa Meng al die bestanddele.
  2. Worsrol Braai die wors tot gaar en sny dit in 8 stukke.
  3. Rooster die broodrolletjies liggies indien verkies.
  4. Pak ’n paar tortillaskyfies onder in ’n broodrolletjie. Plaas ’n stukkie wors bo-op en rond af met ’n goeie skep salsa en ’n bietjie suurroom.