Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

500 g beesmaalvleis

60-80 ml (¼-1/3 k) tamatiepasta

5 ml (1 t) paprika

2 ml (½ t) brandrissievlokkies

1-2 blikkies (410 g elk) gebakte bone

1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer

1 groen soetrissie, in stukke gesny

suiker

sout en peper

4 tortillas, in skywe gesny

blaarslaai

gerasperde geelkaas

  1. Braai die maalvleis 5 minute.
  2. Meng die tamatiepasta, paprika en brandrissievlokkies by en braai nog 1 minuut
  3. Voeg die gebakte bone, mielies en soetrissie by en roer deur. Laat 5-10 minute prut.
  4. Geur met die suiker, sout en peper en laat nog 5 minute prut.
  5. Spuit ’n pan met kossproei en rooster die tortillas daarin.
  6. Sit voor met die slaai, tortillas en kaas.