Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Staantyd: 1 uur of oornag

180 ml (²/³ k) Bulgaarse jogurt

2 stingeluie, fyn gekap

5 ml (1 t) garam masala

5 ml (1 t) vars gemmerwortel, geskil en gerasper

1 knoffelhuisie, fyn gekap

3 ml (ruim ½ t) rissiepoeier

500 g lamsvleis, in 3 cm-blokkies gesny)

125 ml (½ k) kruisementblare, fyn gekap

125 ml (½ k) grasuie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

  • Meng 60 ml van die jogurt met die stingeluie, garam masala, gemmer, knoffel en rissiepoeier.
  • Meng die vleis met die marinade en laat sowat 1 uur of oornag marineer.
  • Ryg die vleis aan sosatiestokkies en braai 10-15 minute op matige kole. Draai gereeld om.
  • Meng die res van die jogurt met die gekapte kruisementblare en grasuie en sit voor saam met die sosaties.