Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4-6 mense

sosatiestokkies, genoeg om in te ryg

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

60 ml (¼ k) tandoori-kerriepoeier of geroosterde masala

60 ml (¼ k) gekapte koljander

4 hoenderborsfilette, in repe met ’n breedte van sowat 2 cm gesny

Week die sosatiestokkies in water.

Meng die jogurt, kerriepoeier en koljander in ’n vlak bak en bedek die hoenderrepe met die helfte van die mengsel.

Ryg die hoender aan die geweekte stokkies.

Rooster of braai 10 minute tot goudbruin.

Verhit die res van die mengsel en bedruip die geroosterde sosaties daarmee.

Sit voor met roti’s of naanbrood.

Volg Huisgenoot op Twitter.