Genoeg vir 4 mense

30 ml olyfolie

350 g boerewors

1 ui, in dun skywe gesny

1 knoffelhuisie, fyn gekap

1 brandrissie, fyn gekap (opsioneel)

15 ml worcestersous

1 blik (410 g) gekapte tamaties

30 ml vars origanum

knippie suiker, sout en vars gemaalde swartpeper

OPDIENING

Romerige polenta

Verhit ’n bietjie van die olie in ’n pan en braai die wors tot gaar, hou eenkant.

Verhit die res van die olie en braai die ui, knoffel en brandrissie ’n paar minute.

Roer die res van die bestanddele by en laat prut sowat 10 minute of tot geurig.

Sny die wors in stukkies en roer by die sous, verhit tot goed warm.

Maak intussen die polenta (volg die aanwysings op die verpakking) en sit voor saam met die smoor.